Kobus!

Kobus! - Hoenderman lyrics

rate me

Ek skrik wakker in die nag en gewaar 'n vreemde vent

Doodstil in die maanlig aan my bed se voetenent

Met vere om sy kiewe en 'n rooi kuif oor sy kop

Sy mond 'n skewe snawel, sy geel oë hou my dop

Verskrik sit ek regop en vra: 'Wat wil jy hê?'

Langs sy skurwe pote sien ek 'n reuse eier lê

Sy arms hang soos vlerke, sy bors 'n veerkombers

Groen en geelbruin merke in die liggie van my kers

Ek kruip toe stadig nader, en kyk in sy gevreet

Sy ronde tongetjie bibber en toe laat hy my weet dat ek moet

Dit was die Hoenderman

Hoenderman die kyk vir my en ek kyk terug vir hom

Die kloekende klanke uit sy snawel klink soos 'n gebrom

Ek gaan toe na die yskas en sê: 'Soek jy 'n bier?'

Die Hoenderman die knik sy kop, dit lyk of hy iets wil vier

Ek kry vir ons twee biere en gee vir hom 'n dop

Die Hoenderman lig sy linkerpoot en begin my vloer te skrop

Hy krap merke op my vloere en ek sê: 'Hey, hou op!'

Maar die Hoenderman die down sy bier en vra vir nog 'n dop!

Sy hoenderkop gee 'n knikkie en hy sprei sy vlerke oop

Pap druk hy sy blikkie en toe begin hy laat loop met nog 'n

Dit was die Hoenderman!

Die Hoender drink toe al my bier en verdwyn in die nag

Ek staan alleen in my kamer en my brein voel nog steeds sag van al sy:

Toe word ek wakker die volgende aand

met 'n huis vol hoenders

Hy't sy hele familie saam

Dit was die Hoenderman<br />

<br />

Thanks to razvan

Get this song at:  amazon.com  sheetmusicplus.com

Share your thoughts

0 Comments found