Kobus!

Kobus! - Gee Raat! lyrics

rate me

Die Oudstryders sê daar's 'n raat vir elke kwaal

vir litdorings, vuilsiek en wurms uithaal

vir asma en spuitpoep en die pyn in jou nek

Om vlooie en luise op jou pubis te laat vrek

Gee 'n raat vir die pyne, gee raat asseblief ou toppie

'n Raat vir die kriewelrige Hypothalamus in my brein

Gee 'n raat vir my vrou se bek,

die skuldinvorderaar hier voor my hek

Gee 'n raat vir my dobbelkoors, my onvermoë, my moedverloor

Die Oudstryders sê daar's 'n raat vir elke kwaal

Ja, elke ou pruim het sy eie verhaal

Van: 'Hoe om te sorg dat jou hare blink'

Tot: 'Wat om te doen as jou voete stink'

Gee 'n raat asseblief ou toppie vir my rokery, my skelm gevry

Gee 'n raat vir die polsende, stomende, jukkende selfverwyt

Gee 'n raat ou man vir my lewensplan,

die prys van sneeu, die nuwe eeu

Gee 'n raat vir die wriemelende Amiglaeda in my brein

Gee 'n raat vir my vrou se bek,

die skuldinvorderaar voor my hek

Gee 'n raat vir my dobbelkoors, my onvermoë, my moedverloor

Gee 'n raat vir die pyne, gee 'n raat asseblief ou toppie

'n Raat vir die kriewelrige Hypothalamus in my brein

Sê my Gelowige Grysaards wat staan jou te doen

as 'n huilende vrou jou nagtelik kom soen?

Wanneer skaduwee kindertjies in jou kamer kom speel

en in kindertuinrympies hul lekkers met jou deel?

Vertel my Verkalkte Kwak wat moet ons drink

om die silhoeëte te kuur wat aan die voetenent wink?

Het jy 'n resep of 'n blaartjie te kou

wat die dooie gesigte uit my drome sal hou?

GEE RAAT!

Die Ou Swepe sê:

'Daar's 'n raat vir elke kwaal'

Maar watse pil kou jy

as die Donker jou kom haal?<br />

<br />

Thanks to razvan

Get this song at:  amazon.com  sheetmusicplus.com

Share your thoughts

0 Comments found