Kobus!

Kobus! - Dink Jy Nou? lyrics

rate me

in die kronkelgange van my verstand loop bloos en uitbundig hand aan hand

ontelbaar deure om oop te maak en kussings om aan die slaap te raak

in die dobbelsale van jou verstand loop vroom en onheilig hand aan hand

ontelbaar keuses in die dobbelspel maar jy dink nie voor jy spring nie en so stook jy jou hel

op die growwe paaie van ons bestaan ry strak gesigte in die stadige baan

hul oë skop styf as sirenes loei, hul oë draai weg as kinders bloei

is daar ontsnapping uit die doolhof van foltering?

malhuis van die werklikheid? karnaval van verbeelding?

dink jy nou? dink jy nou? koue kobus, dink jy nou?

te moeg vir die lewe, te bang vir die dood<br />

<br />

Thanks to razvan

Get this song at:  amazon.com  sheetmusicplus.com

Share your thoughts

0 Comments found