Kobus!

Kobus! - Aardskok lyrics

rate me

die aarde is aan die brand

die aardskok rol regdeur die land

miermense skarrel ondergrond sonder vrug

eensame aasvoëls stippel die lug

ons hardloop hand aan hand

deur die gloeiende kole op blouberg se strand

die wind waai warm deur die wolke van bo

swart soos die trane in jou oë

die mal verwarring sleur ons mee

saam met gillende mense langs die brandende see

ek voel jy struikel en my hart stop van skrik

skielik word jou hand uit myne geruk

ek veg vergeefs deur die mensevlaag

terwyl jy verder weggevoer word in die dolle gejaag

ek gil jou naam maar my woorde kwyn

terwyl ek magteloos toekyk

hoe jy tussen die mense verdwyn...

die pad is krom ons gids is stom

party sê hul weet maar die meeste is dom

deur al hierdie chaos sal ek jou kry

ek moet jou weer kry...

ek soek jou in doodloopstrate

winkelsentrums, koud verlate

ek dwaal tussen mense

rusteloos soos ek

in hierdie dooie plek

die pad is krom ons gids is stom

party sê hul weet maar die meeste is dom

deur al hierdie chaos sal ek jou kry

ek moet jou weer kry...

die dae gaan nou vinnig verby

met hierdie mal nuwe wêreld rondom my

om elke hoek dink ek hoor ek jou stem

maar teleurstellings

kerf my hart soos 'n lem

ek hoop dat jy ook na my soek

dat jy ons liefde onthou

deur hierdie aardse vloek

ek dink aan jou glimlag

teen my groeiende vrees

ek dink aan jou my liefling

waar jy ookal mag wees...<br />

<br />

Thanks to razvan

Get this song at:  amazon.com  sheetmusicplus.com

Share your thoughts

0 Comments found