Herman Van Veen

Herman Van Veen - Meneer Ex lyrics

rate me

Wanneer 'n liefde jou verlaat

is jy die pad 'n tydlank kwyt

en daarna loop dit uit op haat

of growwe onverskilligheid.

So gaan dit met ons al die tyd,

buiten met een, die man wat

hom aan al's herinner sonder spyt:

hy het 'n ex in elke stad.

Vir die een dra hy met sagte stem

so graag 'n vers voor van Villon,

'n ander het 'n kind van hom

vir wie hy lief is soos die son.

Die oues is ook glad nie kwaad

as hy opnuut 'n nuwe vat:

hy het 'n doel op elk' perron,

hy het 'n ex in elke stad.

Hy sterf. In erg verwaande rou

staan al die ex'e by sy graf

en ieder dink: ek was dié vrou,

dié vir wie hy die liefste was.

Hul stap saam in die paadjie af

en daar op die geseënde pad

kom skielik argumente los.

Toe gaan elk na haar eie stad.

Maar aan die einde van die laan

bly daar so uitgevat een staan:

na wie sou sy vandag wil gaan?

Sy het 'n ex in elke stad.<br />

<br />

Thanks to razvan

Get this song at:  amazon.com  sheetmusicplus.com

Share your thoughts

0 Comments found