Stef Bos

Stef Bos - Wagtyd lyrics

rate me

Wagtyd

Tekst: Ingrid Jonker

Muziek: Stef Bos

Ek kan net sê ek het vir jou gewag

Deur westerse nagte

By haltes

In lane

By gragte

Op vliegvelde

En die galg van trane

Jy het gekom

Deur die verlore stede van Europa

Ek het jou herken

Ek het die tafel gedek

Met wyn met brood met genade

Maar jy het onverstoord jou rug gekeer

Jy het jou voël afgehaal

Dit op die tafel neerlgelê

En sonder om te praat

Met jou eie glimlag

Die wêreld verlaat

En ek sou wil skryf

Sou wil sing

Oor die einde die begin

Oor die liefde die kom en die liefde die gaan

Oor die verlang die verdwyn

Oor die woorde die bly bestaan

Olyf reise

Bome water

Jy met jou liggaam van varings

Dromend in my arms digby die Seine

Met jou liggaam van wit gewels

Met jou liggaam van bitter son

In Barcelona

Agter die stiergevegte

Die siëstas van jou oë

Reise van stilte

Reise van mure

Reise van marmer

Koeplette van klein

Harde woorde vergaan

Maar jý

Dromend in water varings en son

In my arms digby die Seine

Gaan héén

Bevrug die aarde

En skryf en sing

Oor die einde die begin

Oor die liefde die kom en die liefde die gaan

Oor die verlang die verdwyn

Oor die passie die bestaan

Oor die woorde die bly bestaan

Wagtyd is verschenen op:

- CD "Jy Vir My" - Track 2

Get this song at:  amazon.com  sheetmusicplus.com

Share your thoughts

0 Comments found