Stef Bos

Stef Bos - Hillbrow lyrics

rate me

Hillbrow

Ou man sit by die straatkafees,

en kyk al die mense loop heen-en-weer

Boemelaars raas by die Wimpy Bar,

en Fontana is oop tot laat in die aand

Kaalvoet kinders in die straat, wys parkeerplek aan

En hou dan die hand, en hou dan die hand,

en hou oop die hand…ja

En gee, gee, gee. Gee, gee, gee

Jou sente, jou drome, jou klere vol gate,

gee jou hart vir Hillbrow

Ja, gee jou hart vir Hillbrow

In Quartz Straat hoor ek ‘n meisie my roep,

daar’s ‘n Hare Krishna wat vra wat ek soek

En ken ek vir Jesus? Vra ‘n man op die stoep,

tussen Hillbrow records en Estoril Books

En dis lank na twaalfuur,

en die Hillbrow toring stuur

Sy seine in die nag, sy sein in die nag,

sy sein vir die junkies wat wag, o

En gee, gee, gee. Gee, gee, gee

Jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate,

gee jou hart vir Hillbrow,

Ja, gee jou hart vir Hillbrow

En die ligte gaan aan in die Chelsea Hotel,

en stemme en musiek klink in elke woonstel.

Ons sit in die son, drink wyn,

Ons survive met ‘n helse lot pyn in hierdie land, ja

Kom ons drink op die een wat sy drome oorleef,

op die een wat kry wat hy vra, ja

En gee, gee, gee. Gee, gee, gee

Jou sente jou drome, jou toekoms vol gate,

gee jou hart vir Hillbrow

Ja, gee jou hart vir Hillbrow

Hillbrow is verschenen op:

- CD "Jy Vir My" - Track 3

- CD "Ruimtevaarder" - Track 17

Get this song at:  amazon.com  sheetmusicplus.com

Share your thoughts

0 Comments found