Stef Bos

Stef Bos - Die taal van my hart lyrics

rate me

Kyk, die son skyn in die hemel

Dit is die einde van die nag

Ek was verdwaal in die donker

Ek het die pad weer teruggevoel

Vroeër was ek ryk aan woorde

Nou's ek stiller, ek het verander

Maar my stem,my stem bly brand

Dit is my vuur, kom maak jou warm

Hoor die taal van my hart

Hoor die taal van my hart

En al klink ek soms gebroke

Gebroke en verward

Dit is die taal van my hart

Ek het my spieëlbeeld sien val

Ek lê aan skerwe op die grond

Ek het myself leer ken

As heldin en as 'n hond

Daar is so weinig meer oor

Van al my woede en geweld

Maar ek ken nou ook my donker kant

Ek het vrede met myself

Ek sing die taal van my hart

Hoor die taal van my hart

En al klink ek soms gebroke

Gebroke en verward

Dit is die taal van my hart

Jy kan my vat net soos ek is

Jy mag van my hou

Jy mag my ook haat

Ek is wie ek is

Dit is my wêreld

En dit is my stem

Mmmm

En al klink ek soms gebroke

Gebroke en verward

Dit is die taal van my hart

Die is die taal van my hart

Dit is die taal van my hart

Get this song at:  amazon.com  sheetmusicplus.com

Share your thoughts

0 Comments found