Koos Kombuis

Koos Kombuis - Kytie lyrics

rate me

Ek onthou haar nog soos gister. Vandat ek so klein was, was sy daar gewees.

Met haar oë soos Kafferbier laat sy jou dink die Mona Lisa was dalk bruin gewees

Kytie Adams was die vrou geïnstalleer in ons kombuis

Sy kon dishes doen en klere was, die kinders oppas en vir ons maniere wys, maniere wys

Koortjie:

Kytie, Kytie, Kytie, jy't nie verniet vir 20 jaar by ons gebly

Kytie, Kytie, Kytie, jy was nie net ‘n meid nie, maar ‘n ma vir my

Kytie was ‘n klimmeid, toe't my ma-hulle haar gevang duskant Riversdale

Nuwe klere en Gesangboek, vir die weerlig was sy bangbroek, maar sy't nooit gehuil

Sy kon lekker lag en speel met my, ‘n troos as alles opfok

Of die bure se familie oor die draad baklei, oor die draad baklei

Koortjie

Later het die skottelgoed net skielik vuil gebly.

Kytie was oorlede, die dokter sê sy het swaar gely

Haar ouma so vol kreukels het gevloek met spierwit kneukels

By die hostel het haar familie gewag dat ons kon bye se soos tevore

Maar my pa kon nie besluit nie, waar kry ons nog ‘n Kytie?

Niks meer mieliepap ontbyt nie, waar kry ons nog ‘n Kytie?

Toe't ons verby gery, verby gery

Koortjie

Maar ek onthou nog hoe't sy my vol Puretee gevoer

Pens en pootjies op die tafel, “Oop jou bek klein baas, dis lekker'

Etiket se moer, etiket se moer

Koortjie<br />

<br />

Thanks to razvan

Get this song at:  amazon.com  sheetmusicplus.com

Share your thoughts

0 Comments found