Koos Kombuis

Koos Kombuis - Die Gypsy In Jou Oe lyrics

rate me

Ek hou nogal van jou, en jou liggaam is okay

Die plek waar jy nou woon is nogal nice vir my

Dis fine as jy hier rond is, ek like jou, dit kan jy maar glo,

Maar ek's net werklik verlief op die Gypsy in jou oë

Koortjie

Ek's crazy, crazy, crazy, al my vriende sê ook so

Maar dis nie my skuld nie, wat wo, dis daai Gypsy in jou oë

Daar's altyd koffie op jou rak, en lekker goed in jou kombuis

Jy maak my stadig mak, maar ek raak net meer uitgespace

Hoe meer jy stilsit, hoe meer wil ek weghol,

saam, tot waar ons so windvry kan wees

Voëls wat ver vlieg soos daai Gypsey in jou oë

Elke mens het ‘n obsessie, en myne is nie jy nie,

Maar troos jou daaraan donker kind, ek hoef nie verder te ry nie

Want iewers, iewers tussen ons maak ‘n fantasy my skoon bewoë

Dis daardie vreemde mens diep in jou, dis daai Gypsy in jou oë

Koortjie

Jou gesprekke is heel gangbaar, jou company is nice

Ek hou van saam uitgaan, en saans ruik jy na sugar en spice

Maar jy bly ‘n pel, niks meer nie, die feelings is maar sus en so

Tot die oomblik dat ek connect met daai Gypsy in jou oë

Jy dink dat ek jou liefhet, want ek volg jou waar ek gaan

Maar ek wag vir daardie oomblik, total eclipse van son en maan

Ek's verslaaf aan toorkunste, magic van onder of van bo

Ja, ek hou die hele aand dop, net vir daai Gypsy in jou oë

Koortjie

Ek vra my dikwels af waar die wonderwerk vandaan kom

Is dit ‘n wingerd in die Boland, of ‘n mite in beton?

Hoe kan jy so ver wees en so naby tegelyk?

Ja, so &amp;#8216;n raaisel van &amp;#8216;n tweeling, wie's die Gypsy in jou o&euml;?<br />

<br />

Thanks to razvan

Get this song at:  amazon.com  sheetmusicplus.com

Share your thoughts

0 Comments found