Brixton Moord En Roof Orkes

Brixton Moord En Roof Orkes - Skemer lyrics

rate me

Dis skemer en my ligte is te flou

om 'n verskil aan die skadus te maak

dis skemer en my kamer is te grou

om 'n verskil aan my drome te maak

dis skemer en sou jy ook graag wou

hê dat dit reeds nag moet wees,

hê dat dit reeds dag moet wees

maar alles behalwe skemer

Tussen die uitlaatgas en die toeters

het ek rondgery, rondgedwaal om jou te soek

om weer terug te keer na skemer

Ek het saam met die ritme van die flikkerlig

tyd gehou, tyd gehou en uitgehou

om weer terug te keer na skemer

By verkeersligte moes ek stop

vir verkeerspolisie jok

oor die kwantiteit van brandstof in my bloed

om weer terug te keer na skemer

en na die lampe van my kamer se groet<br />

<br />

Thanks to razvan

Get this song at:  amazon.com  sheetmusicplus.com

Share your thoughts

0 Comments found