Brixton Moord En Roof Orkes

Brixton Moord En Roof Orkes - Jou Eie Voorstadrewolusie lyrics

rate me

Jou onkuise wekker tik alweer

koketterig saam met 'n kerkhofklok

en jy's bang en jy vrees

dat jy ook eendag oud sal wees

En jy wik en jy weeg

maar jy blik en jy bloos nie

hoewel die tyd jou elke sekonde

nader aan die einde tik

Jy gooi jou kop agteroor

en skree dat jy alles en almal haat

en jy loop buite in die nag

met jou hande in jou sakke

Spoeg vir honde en lag vir straatpredikante

tussen eike en jakarandas

en wit mure en klip mure

en sekondes en ure

en dreine wat wasem asem

Dis maniakke wat die land regeer

ryk swape wat die wêreld beheer

en jy's kwaad en jy's boos

dat jy ook eendag sò sal wees

Jy gooi jou kop agteroor

en sweer dat jy alles en almal haat

en jy loop buite in die nag

met jou hande in jou sakke<br />

<br />

Thanks to razvan

Get this song at:  amazon.com  sheetmusicplus.com

Share your thoughts

0 Comments found