Amanda Strydom

Amanda Strydom - Ek Sal Staan lyrics

rate me

Ek was lank in die woestyn

Sonder water, sonder wyn

Met 'n honderdduisend duiwels aan my sy

En almal het gesê

Sy't uiteindelik gaan lê

Vir haar is alles nou verby

Maar ek het stadig teruggeloop

Krom gebuk en afgestroop

My spore lê soos woorde in die sand

En soos Jona ingesluk

Uitgespoeg en reggeruk

Word ek wakker in 'n helder nuwe land

Word ek wakker in 'n helder nuwe land

Jy kan my breek

Jy kan my slaan

Jy kan my sê dat ek moet gaan

Vat my hoop, vat my bloed

Vat my laaste druppel moed

Ek sal staan

Bring die wind

Bring donderweer

Bring die heelal om my neer

Ek sal staan

Ek sal staan, jy kan maar lag

Ek sal staan, stuur maar die nag

Maar ek sal staan<br />

<br />

Thanks to razvan

Get this song at:  amazon.com  sheetmusicplus.com

Share your thoughts

0 Comments found