Akkedis

Akkedis - Hangklip lyrics

rate me

dis die suidpunt woesteny

met die natuur so onbeskof

vat daai grondpad aangery

deur die suid-ooste wind se stof

ooee soek en jy sal dit kry

'n banneling uit die beskawing

onder alkohol kwarantyn

'n kluisenaar onder die hange

soek en jy sal dit kry

ooee dis bagdad cafe

chorus:

daar's 'n bar in die middel van nerens

jy't die moed om te gaan

kom drink net een in die son met ons

loop die hanglkip gevaar

hier kan jy rock tot jy drop

nie eens die gode kan jou stop

dis te ver van die here se genade

dis te ver van die duiwel se tirade

perlemoen rock 'n roll

en brannewyn kitare

'n martelaar in son en wind

tussen die fynbos en dorings

dit maak nie saak van waar jy kom

tjek hierdie plek is jou beskore

ooee in jou swyne bekore

tussen die luiperd en bokke

bobbejaan en slange in die bos

tussen die spoke en geeste

ja kan jy jou juk verlos

ooee saammet rockers (rokers) soos ons

chorus<br />

<br />

Thanks to razvan

Get this song at:  amazon.com  sheetmusicplus.com

Share your thoughts

0 Comments found